RESEP : Mieliebrood Met Houding


English Translation Attached Below

Mieliebrood is eintlik ‘n braai geleentheid brood, né? ‘n Amperse standaard bykossie vir wanneer goeie vrinne op die spyskaart is en die gasheer of gasvrou bereid is (of tyd het) om ‘n stukkie ekstra, ‘braai’ moeite in te sit?

Verkeerd! Behandel mieliebrood met ‘n stukkie insig en moeite en dit ‘verhef’ nogal heel indrukwekkend. Hierdie resep is geskik om volwaardig en selfstandig by enige maaltyd in te staan in die rol van ster-stysel fondament. Bedien dit saam met romerige roereiers en brosbruin, pangebraaide varkworsies, of saam met geurige maalvleis en drie-bone-slaai vir ‘n eenvoudige, dog effens anderste aandete. Net so, op sy eie, met ‘n ligte blerts Marmite; ‘n skoot gerasperde, matige cheddar kaas en ‘n koppie melkerige Earl Grey? Seer aangenaam, my kroon!

Die mieliebrood van my jeugjare (en later) en hinterland het gewissel van parmantig tot teleurstellende parodieë. Dis maar net soos met Pampoenkoekies: hoe meer moeite, hoe meer vreugde. Hierdie resep gebruik bros spek en gebraaide groen rissie om die basiese mielie fondasie af te wissel sonder om te oordonder. Mieliemeel en roomsoort suikermielies hou die primêre smaak suiwer en prominent. Margarien (of botter) gee ‘n relatief ligte produk en vermy die soms kluitjierige tekstuur wat sonneblomolie veroorsaak.

Ter erkenning van ‘n vriendin se besliste aanpor: ‘n knerts beleë cheddar in die beslag sal waarskynlik ‘n interessante faset byvoeg tot die eindproduk. Alternatiewelik, vermoed ek ‘n heftige skoot gerasperde kaas bo-oor gestrooi, 20 minute voor die einde van die bak proses, gaan beslis ‘n ekstra dimensie byvoeg tot hierdie resep. Ek laat dit oor aan die leser se prerogatief. My voorkeur is om kaas eerder die ster van enige gebak te maak waarin dit gebruik gaan word.


Resep lewer:
Hoeveel tyd?:
10 - 12 Porsies
± 120 minute


Spesiale Toerusting Benodig:

1 x 1.4L brood pannetjie (22cm x 11cm x 6cm), kleefwerend.


Bestandele:

Buikspek (streaky bacon), grof gekap,
of spek stukkies (bacon bits)
100g
Sonneblomolie
15ml
Groen rissie,1cm x 1cm blokkies gekap
50g


Botter of volvet margarien, kamer temperatuur
100g
Strooi suiker
50g
Ekstra groot eiers
2


Witbrood meel
250g
Bakpoeier
10ml
Sout
5ml


Mieliemeel
60g
Gedroogde oreganum
2.5ml
Roomsoort suikermielies
1 x 410g blik
Volroom melk
Soos nodig


Metode:

1.   Braai die spek in die olie oor medium hitte totdat dit begin verbruin. Voeg die groenrissie by en braai verder totdat die rissie ook begin verkleur. Verwyder van die hitte en hou eenkant tot nodig.

2.   Smeer die kleefwerende pannetjie – veral die bodem – deeglik met volvet margarien. Die broodjie bak langer as gewoonlik en sal aan die pan vaskleef sonder behoorlike voorbereiding.

3.   Room die botter / margarien en suiker deeglik in ‘n medium grootte bak. Voeg die eiers een vir een by en klop deeglik. Die mengsel gaan lyk of dit skif as die tweede eier bygevoeg word. Dit is in orde.

4.   Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg by die botter en eier mengsel. Roer liggies deur met ‘n plat mengspaan.

5.   Voeg die mieliemeel, oreganum, suikermielies en spek & groenrissie (vetterigheid en al) by. Meng goed. Voeg eetlepels melk by indien die beslag styf is en moeilik werk. Die beslag moet los wees, maar nie slap of loperig nie.


6.   Skep in die pannetjie, maak gelyk bo-op en gebruik ‘n strykmes (spatula) om ‘n diep gleuf oor die lengte van die beslag, in die middel van die pannetjie, te trek. Plaas onmiddelik in die voorverhitte oond. Die gleuf voorkom dat die broodjie bo-oor oopbars soos dit uitrys en gaar word in die oond.

7.   Bak vir 65 minute by 170°C in ‘n konveksie oond, of 75 minute by 180°C in ‘n statiese oond. Haal die broodjie uit en laat dit afkoel in die pannetjie, op ‘n draadrak, vir 5 – 10 minute voordat dit uitgekeer word. Werk versigtig, die broodjie gaan bros wees terwyl dit warm is.


Kommentaar:

·       Die roomsoort suikermielies, spek en groenrissie maak die beslag ‘swaar’, vandaar die langer as gewoon baktyd in die oond. Die broodjie trek gevolglik ook net effens weg vanaf die kante van die pan as dit gaar is. Gebruik ‘n bamboes sosatie stokkie om die brood te toets indien onseker.
·       Eet die broodjie maar vinnig, die geure begin na twee dae vervaag.
·       Die oorspronklike resep – minus al die pizzazz – kom uit Heilie Pienaar se VARS EN FLATERVRY (Struik Uitgewers, Kaapstad, 2002), destyds saamgestel vir die Snowflake maatskappy.




© RS Young, 2017



Corn Bread With Élan

Corn bread was actually designed for braai events, correct? A close to standard side dish when good friends are expected and the host, or hostess, is prepared (or has time) to put in a little extra, convivial effort?

Wrong! Treat corn bread with a modicum of insight and effort, and it ‘elevates’ quite impressively. This recipe is suitable to stand its own – completely and independently – as star, starch foundation at any meal. Serve it with creamy, scrambled eggs and crisp, browned pork sausages, or with savoury mince and 3-bean salad as a simple, though somewhat avant garde dinner. On its own, with a light swipe of Marmite and a dash of grated, mild Cheddar, in the company of a cup of milky Earl Grey? Delectable M’lord!

The corn bread of my youth (and later) and yore differed from exciting to disappointing travesties. Similar to pumpkin fritters, it’s the same old story: the greater the effort, the more the pleasure. This recipe uses crispy bacon and sautéed green pepper as a variation to the main theme without overpowering the underlying maize foundation. Maize meal and creamed sweet corn keep the primary flavor pure and prominent. Margarine (or butter) yields a relatively light end product, thus avoiding the often stodgy texture that sunflower oil causes.

In recognition of a friend’s somewhat determined insistence: a healthy shot of well aged cheddar in the batter will probably add an interesting facet to the end product. Alternatively, I suspect a hefty sprinkling grated cheddar cheese on top, 20 minutes to the end of baking, will definitely add an extra dimension to this recipe. I leave it to the reader’s prerogative. My preference is to rather turn cheese into the star performer of any baked item in which it is to be used.


Recipe yields:
Total preparation time:
10 - 12 Portions
± 120 minutes


Special Equipment Required:

1 x 1.4L non-stick loaf pan (22cm x 11cm x 6cm).


Ingredients:

Streaky bacon, roughly cut, or bacon bits
100g
Sunflower oil
15ml
Green pepper, diced into 1cm x 1cm pieces
50g


Butter or full fat margarine, at room temperature
100g
Caster sugar
50g
Extra large eggs
2


White bread flour
250g
Baking powder
10ml
Salt
5ml


Maize meal
60g
Dried oregano
2.5ml
Cream style sweet corn
1 x 410g tin
Full cream milk
as needed


Method:

1.   Sauté the bacon in the oil over medium heat until it starts to brown. Add the green pepper and continue to sauté until it begins to colour as well. Remove from the heat and keep to one side until needed.

2.   Smear the non-stick pan thoroughly – particularly the bottom – with full fat margarine. The loaf bakes longer than usual and will stick to the bottom of the pan with insufficient preparation.

3.   Cream the fat and sugar together in a medium sized bowl until light and creamy. Add the eggs one by one and beat in thoroughly. The mixture will appear to split when the second egg is added, but that is in order.

4.   Sift the flour, baking powder and salt together once and add to the egg and fat mixture. Mix in the dry ingredients lightly using a flat spatula.

5.   Add the maize meal, oregano, sweet corn and bacon & green pepper (rendered fat and all). Mix well. Add tablespoons of milk if the batter is too stiff and resists mixing. The batter should be loose, but not slack or runny.

6.   Scoop the batter into the loaf pan, make even on top and use an offset spatula (or rounded point table knife) to drag a deep furrow lengthwise, in the middle, into the batter. Transfer immediately to the preheated oven. The furrow prevents the loaf from bursting open, or cracking excessively, on top as it bakes and rises in the oven.

7.   Bake for 65 minutes at 170°C in a convection oven, or 75 minutes at 180°C in a static oven. Remove the loaf and allow to cool in the pan, on a wire cooling rack for 5 – 10 minutes before turning it out. Be gentle, the loaf will be quite brittle while still hot.


Comments:

·       The cream style sweet corn, bacon and green pepper cause the batter to be ‘heavy’, thus requiring the longer than usual baking time. Consequently, the cooked loaf only pulls away slightly from the sides of the pan when ready. Use a bamboo or metal skewer to test the loaf for readiness, if unsure.
·       Use the loaf fairly quickly; the flavours start fading after two days.
·       The original recipe – minus all the pizzazz – comes from Heilie Pienaar’s VARS EN FLATERVRY (Struik Publishers, Kaapstad, 2002), originally compiled for the Snowflake company.




© RS Young, 2017