RESEP : Oondgebakte Pampoenkoekies met Karamelsous



English Translation Attached Below

Halwe beloftes en onderdrukte teleurstelling: die gevoelens wat onwillekeurig vorentoe storm ter herinnering aan die pampoenkoekies per die menigte tafels van my voorjare. Soms oordadig olierig, gereeld liefderik verskroei of aangebrand, meestal sout versaak, gewoonlik te droog en amper pal nie-soet-genoeg-nie.

Soos die meeste, skynbaar eenvoudige geregte, sus die oënskynlike eenvoud baie kokke in die ‘gemoedsrus van afskeep’ of – ewe boos – ‘net-net goed genoeg’ in. Tot die gedempte ontsteltenis van eet-ervare tafelgenote waarvan die maniere eenvoudig te verhewe is om konstruktiewe kritiek te lewer en hulle dan eerder selfverloënend lieg: “Ja Tannie, dit was so lekker! Mag ek nog inskep, asseblief?” Skuldig my Kroon, o so skuldig . . .

Maar nou? Nou weet ons van beter. Die dwang van jare se uitlewer aan middelmatigheid en afskeep het ons gegesel om self die versugtinge van ons hart te vervul.

‘n Caveat lector: Persoonlike ervaring het geleer dat die glorie van ‘eenvoud’ gewoonlik heelwat werk en toewyding verg. Hierdie resep is soos ek van my pampoenkoekies hou en mag dalk nie almal se koppie tee wees nie. Om nou maar reguit te wees: hierdie resep is ‘n orgie van geduldige moeite, ietwat oordadige soetigheid en ‘n geilte van speserye en kluitjierigheid. Wees gerus, die botterskorsie staan darem moeiteloos sy man teen die oormaat oordaad.

Ons oumas het boerpampoen gebruik as basis. Ek hou nie van gestoomde boerpampoen nie, dit neig om waterig te wees. Boonop skil die ding moeilik, veral die grotes. Ek het in my jeug gereeld gewonder of mens nie die ding op ‘n heining hoekpaal kan maak sit en dit dan met oupa se Lee Metford ‘dress’ nie. Helaas.


Resep lewer:
Hoeveel tyd?:
12  Koekies
± 2 Ure


Spesiale toerusting nodig:
1 x Standaard, 12 koppie kolwyntjie (cup cake) pan


Bestandele:
Vir die koekies:

Gestoomde botterskorsie moes
500g


Bruin suiker
75g
Volvet margarien
75g
Sout
10ml
Ekstra groot eier
1


Koekmeel
140g
Bakpoeier
5ml
Fyn kaneel
7.5ml
Fyn swart peper
1.2ml
Neutmuskaat
1.2ml
Volroom melk
60ml


Vir die karamel sous:

Volroom melk
100ml
Nestle Caramel Treat
½ x 360g blik
Botter of volvet margarien
15ml


Metode:
1.   Smeer die koppies van kolwyntjie pan deeglik met volvet margarien of kleefwerende kossproei.

2.   Klop die margarien, bruin suiker en sout deeglik saam tot romerig. Voeg die eier by en klop deeglik in.

3.   Sif die meel, bakpoeier en speserye een maal saam.

4.   Voeg die botterskorsie moes en melk by die verroomde margarien en suiker. Voeg die gesifte, droë bestandele by in een lot. Meng goed deur met silikoon mengspaan om ‘n los, nat beslag te vorm wat nie loperig is nie.

5.   Skep lepels vol van hierdie beslag in elke koppie totdat dit omtrent ⅔ vol is. Maak die bokant van elke koppie gelyk met ‘n teelpel en skud die panne 2 keer met mening om enige lugborrels uit die beslag te verwyder.

6.   Bak 25 minute by 165°C in ‘n voorverhitte konveksie oond of 30 minute teen 180°C in ‘n gewone oond.

7.   Verwyder uit die oond en laat afkoel medium warm en hanteerbaar. Verwyder die koekies met ‘n smal lem spatula (of die steel van ‘n teelepel) na ‘n vooraf verwarmde opskep bak en rangkik dit eweredig. Giet die warm karamel sous bo-oor en bedien onmiddelik.

Vir die karamel sous:
a.   Mikrogolf verhit die melk tot goed warm, maar nie kokend nie.

b.   Skep die Caramel Treat lepelgewys by en klop goed met ‘n draadklopper tussen lepels. Verhit weer in die mikrogolf indien die karamel traag is om te smelt.

c.   Smelt die eetlepel botter by die sous in vir ‘n mooi glans.


Kommentaar:
·        Probeer om kommersiële, gevriesde, deels-gaar pampoen stukke te vermy. Vars botterskorsie sal beslis ‘n beter produk lewer in alle opsigte. Helaas, as die tyd min is  . . .
·        Die geskilde botterskorsie stukke verpulp maliker as dit deeglik gaar gestoom is. Mikrogolf gaarmaak sal ook werk as die tyd minnerig is. Verpulp die louwarm stukke met ‘n elektriese klitser tot glad en egalig.
·        Verdubbel die beslag resep vir ‘n korslose, 23 cm pampoen tert.



© RS Young 2017



OVEN BAKED PUMPKIN FRITTERS & CARAMEL SAUCE

Empty promises and suppressed disappointment: mixed emotions involuntarily rushing forward at the memories of pumpkin fritters served at legions of tables during my youth. Sometimes gut wrenchingly greasy, often lovingly charred or burned, mostly salt devoid, regularly too dry and in general, not sweet enough.

As with most seemingly simple dishes, the apparent simplicity appears to lull many cooks into a state of ‘jovial neglect’, or – equally evil – the complacency of ‘just good enough’. All this to the mortified dismay of experienced eaters whose good manners prevent them from constructively criticizing the hostess. We rather lie through our teeth with: “Please Ma’am, may I have some more?” Guilty yer Honour, oh so guilty . . .

But now? Now we know of better. The compunction of subjection to years of mediocrity and neglect has forced us to satisfy the unrepentant demands of our heart.

A Caveat lector: Personal experience delivered the insight that the ‘glory of simplicity’ generally requires considerable effort and dedication. This is my recipe, the way I like pumpkin fritters. It may not be everyone’s cup of tea. To be blunt: this recipe is a Bohemian orgy of patient labor, somewhat excessive sweetness and lascivious, spicy stodginess. Rest assured: the butternut effortlessly holds its own against the onslaught of extravagance

Our grandmothers used white pumpkin as a basis for this dish. I do not like white pumpkin; it tends to be watery when steamed. Additionally, it’s a pain to peel the thing, the large ones in particular. During the innocence of my youth, I often wondered if one shouldn’t mount this thing on a fence post and put it out of its misery with grandpa’s Lee Metford. Alas.


Recipe yields:
Total time required:
12  Fritters
± 2 Hours


Special Equipment Required:
1 x Standard, 12 place cup cake pan


Ingredients:
For the fritters:

Steamed butternut puree
500g


Brown sugar
75g
Full fat margarine
75g
Salt
10ml
Extra large egg
1


Cake flour
140g
Baking powder
5ml
Ground cinnamon
7.5ml
Fine black pepper
1.2ml
Ground nutmeg
1.2ml
Full cream milk
60ml


For the caramel sauce:

Full cream milk
100ml
Nestle Caramel Treat
½ x 360g tin
Butter or full fat margarine
15ml

Method:
1.   Thoroughly grease each cup of the pan with full fat margarine of nonstick food spray.

2.   Beat the margarine, brown sugar and salt together until creamy. Add the egg and beat very well.

3.   Sift the flour, baking powder and spices together once.

4.   Add the butternut puree and milk to the creamed margarine and sugar. Add the sifted, dry ingredients in one batch. Mix well with a silicone spatula to form a loose, wet batter that is not runny.

5.   Scoop spoons full of batter into each cup until each is filled approximately two thirds. Level the batter in each cup on top with a teaspoon. Shake the pan aggressively once or twice to eliminate any air bubbles from the batter.

6.   Bake 25 minutes at 165°C in a preheated convection oven or 30 minutes at 180°C in a normal, static airflow oven.

7.   Remove from the oven and allow to cool down to a manageable temperature. Remove the fritters with a narrow blade spatula (or the handle of a teaspoon) and transfer to a pre-heated serving dish. Arrange uniformly and pour over the caramel sauce. Serve immediately.

For the caramel sauce:
a.   Heat the milk in a microwave until hot, but not boiling.

b.   Add the Caramel Treat spoon wise and mix thoroughly with a wire whisk between each addition. Reheat, if necessary, if the Caramel becomes slow to dissolve into the sauce.

c.   Add a spoon of butter to impart a beautiful gloss to the sauce.


Comments:
·        Preferably avoid using commercial, frozen, par-cooked pumpkin chunks. The ‘real deal’ will perform better in this dish. However, if time is limited . . .
·        The peeled, fresh butternut chunks will puree easier if it is thoroughly steamed and soft. Microwave cooking will also work if time is at a premium. Puree the luke warm chunks with an electrical beater until smooth and uniform.
·        Double the batter recipe for a crustless, 23cm pumpkin tart.


© RS Young 2017