RESEP : Growwe Semel&Saad Karringmelkbeskuit



English Translation Attached Below

Kyk, as die KappieKommando Tannies destyds hiervan geweet het, sou hulle eerder hul slippers gaan aantrek het, tuis gebly het en beskuit gaan bak het. Die hele kaalvoet-oor-die-Drakensberge ding was in elk geval over rated. Dis 200 jaar later en ons is niks verder as waarvandaan ons destyds weggetrek het nie. Maar dit eerder daar gelaat.

Laat staan maar die gesonde joghurt; vrugte en meusli brekkie. Brou ‘n stewige pot boeretroos en trek ‘n ingeloopte blik vol van hierdie pêrre nader. Sleep jou gunsteling tuinstoel by en gee jouself oor aan die saligheid wyle al die vesel en goetigheid in hierdie beskuite jou gebinnestes skrop, skuur en reinig.



Resep lewer:
Hoeveel tyd?:
48 – 50 Stukke
± 90 minute + 4 ure se droog




Spesiale Toerusting Benodig:
1 x Reghoekige koekpan, 22 cm x  30 cm, of 2 x 23 cm vierkantige koekpanne.
‘n Elektriese menger, so in die Kenwood Chef of Kitchen Aid kategorie.




Bestandele:


Koekmeel
500 g
Bruinbroodmeel
500 g
Bakpoeier
45 ml
Semels
100 g
Sonneblom saad
75 g
Na Keuse: Gedroogde pampoen pitte
50 g


Botter
200 g
Volvet margarien
200 g


Strooi suiker
250 g
Sout
15 ml
Ekstra groot eiers
3


Karringmelk
500 g
Volroom melk
Soos nodig



Metode:


1.   Knip velle bakpapier wat netjies pas onder in elke pan. Smeer die kante (en veral die hoeke) van die panne deeglik met volvet margarien – die gaar, klam beskuitkoek is bros en mens wil nie onnodig stukke verloor omdat die gebak vassit in die pan nie. Smeer die papier onderlaag ook deeglik met volvet margarien.


2.   Meng die wit- en bruinbroodmeel, semels, sonneblom saad en bakpoeier saam in die mengbak van ‘n deegmenger. Hou eenkant tot nodig.

3.   Smelt die botter en margarien saam in ‘n mikrogolf oond en hou voorlopig eenkant. ‘n Kastrolletjie op ‘n lae plaat sal ook werk, maar gaan langer neem.

4.   Klop die eiers een vir een in by die strooi suiker en sout tot lig en romerig. Voeg die karringmelk by en roer liggies deur.

5.   Meng die gesmelte botter en margarien deeglik met die karringmelk en eier mengsel in ‘n medium grote mengbak. ‘n Loperige, onegalige mengsel gaan vorm, dit is in orde.

6.   Plaas die deegmenger bak in die menger en koppel die deeghaak aan die menger se as. Meng die droë bestandele op ‘n stadige spoed en giet die vloeistof mengsel stadig by aan die kant van die menger bak tot alles bygevoeg is. Stop die masjien en krap al die trae, droë bestandele onder uit die mengerbak en skakel die masjien weer aan.

7.   ‘Knie’ die bestandele met die masjien totdat die deeg bymekaar kom en ‘n bol begin vorm om die deeghaak. Voeg eetlepels volroom melk by die knieënde deeg indien daar nie genoeg vog in die deeg is om dit bymekaar te laat kom nie.

8.   Verwyder die deeg vanuit die menger bak en keer dit uit op die kombuis toonbank. Knie liggies per hand vir ongeveer 2 minute om die laaste droë bestandele by die deeg in te werk. Die deeg hoef nie glad en egalig te wees nie, maar daar moenie meer droë bestandele sigbaar wees nie.


9.   Knyp deeg af met jou vingers en rol dit tussen jou handpalms in bolletjies omtrent die grootte van ‘n ekstra groot eier. Druk die bolletjies deeg in ‘n ovaal vorm en pak dit ‘regop’ in rye in die voorbereide panne.

10.   Bak in ‘n voorverhitte oond: 50 minute in ‘n konveksie oond of 60 – 65 minute in ‘n statiese oond. Die gaar beskuitkoek sal begin wegtrek vanaf die wande van die pan sodra dit gereed is. Die klop-op-die-kors-metode is hier nie betroubaar nie, want die gebak rys nie sodanig uit om ‘n ligte tekstuur soos brood te ontwikkel nie. Gebruik ‘n sosatie stokkie of vleispen (skewer) om te toets indien onseker.



11.   Verwyder die panne gaar beskuit uit die oond en laat dit heeltemal afkoel tot kamer temperatuur voor jy die panne versigtig omkeer om die beskuitkoek uit te haal. Plaas ‘n groot, draad afkoelrakkie (of bord) oor elke pan voor jy dit omdraai – daai beskuitkoek is broos en jy gaan dit nie heel hou in jou hande met die vang slag nie.


12.   Breek die beskuite versigtig uit en pak dit egalig uit op oondpanne. Droog die beskuite oornag by ±80°C in ‘n statiese oond of oor 4 ure by 90°C in ‘n konveksie oond. Laat die droë beskuit afkoel tot kamer temperatuur voor jy dit verpak in koekblikke of deeglik seëlende plastiek houers.


Kommentaar:
·       Gebruik regte botter en Stork se volvet margarien spesifiek bedoel vir bakwerk. Botter is duur, maar verleen ‘n onvergelykbare smaak aan die finale produk – vandaar die om die helfte botter en volvet, bakkers-margarien. Moenie suinig wees met die gehalte van die margarien nie. Goedkoop margarien neig om hoër smeltpunt olies te gebruik en die ‘kleef’ dan aan die verhemelte om daai vetterige gevoel te gee. Onnodig onaangenaam.
·       Stoor die droë beskuit in groot Ziplock styl sakke indien daar ‘n tekort aan koekblikke is.

© RS Young, 2017






  

Rough Bran & Seed Buttermilk Rusks

You know, if those fierce, sturdy Voortrekker Tannies of yore knew of these rusks, the Great Trek would never have been. The Tannies would’ve summarily donned their slippers, stayed at home and baked these wholesome numbers. Anyway, the entire bare-foot-over-the-Drakensberg thing was over rated from the start. 300 Years later we are no further from where we began, but we’ll rather leave it at that.

‘Pass’ on the yoghurt, fruit and health muesli at brecky. Prepare a hefty pot of black as midnight coffee from grounds and keep a well worn tin of these trusty fellows at elbow’s length. Drag your favourite garden chair into the fray and surrender to introspective bliss whilst all that fibre and goodness in these rusks scrape, scour and purify your innermosts.


Recipe yields:
Preparation time:
48 – 50 Pieces
± 90 minutes + 4 hours drying


Special Equipment Required:
1 x Rectangular cake pan, 22 cm x 30 cm, or 2 x 23 cm square cake pans.
An electrical mixer in the Kenwood Chef or Kitchen Aid class.


Ingredients:


Cake flour
500 g
Brown bread flour
500 g
Baking powder
45 ml
Bran
100 g
Sunflower seeds
75 g
Optional: Dried pumpkin seed
50 g


Butter
200 g
Full fat  margarine
200 g


Caster sugar
250 g
Salt
15 ml
Extra large eggs
3


Butter milk
500 g
Full cream milk
As needed

Method:

1.   Cut precisely fitting sheets of baking paper to line the bottom of each pan. Thoroughly smear full fat margarine over the sides (and corners in particular) of each pan. The cooked, moist cake is brittle  and no one wants to lose portions just because it clung to the sides or bottom of the pans. Cover the paper layer with margarine as well.

2.   Mix the white and brown bread flours, the bran, sunflower seed and baking powder in the mixer’s mixing bowl. Keep to one side until needed.

3.   Melt the butter and margarine together in a microwave oven and keep to one side as well until needed. Melting the two types of fat together in a small pan or pot will also work, but will take longer.

4.   Beat the eggs, one by one, in with the caster sugar and salt until light and creamy. Add the butter milk and stir through.

5.   Add the molten fat to the butter milk and egg mixture in a medium size mixing bowl. Mix thoroughly. A runny, uneven mixture will result – this is in order.

6.   Place the mixer bowl in the mixer and attach the dough hook. Mix the dry ingredients on slow speed and pour the reserved liquid mixture slowly down the side of the mixing bowl until everything is added. Stop the machine and scrape down all the remaining, dry material into the forming dough. Also lift any dry material from the bottom of the mixer bowl into the forming dough. Restart the machine.

7.   ‘Knead’ the ingredients for 2 – 3 minutes or until the dough starts to form a ball around the hook attachment. Add table spoons of milk if the mixture is still too dry to come together.

8.   Remove the dough from the mixer bowl and transfer it to the kitchen working surface. Knead lightly by hand for a minute or two to incorporate the last of the dry ingredients, if any remains. The final dough does not have to be smooth and even, but no dry material should still be visible.

9.   Pinch sufficient dough off with your fingers to form a ball the size of an extra large egg. Gently roll the dough into a ball between your hand palms. Squeeze the ball into an oval shape and pack them – ‘upright’ – neatly into rows in the prepared baking pan.

10.   Bake in a preheated oven: 50 minutes in a convection oven or 60 – 65 minutes in a static oven. The cake will start to pull away from the sides of the pan when ready. The tapping-on-the-top method is not a reliable indicator here, as the cake does not rise out sufficiently into a light, bread-like structure. Use a bamboo, or metal, skewer to check for doneness if unsure.

11.   Remove the pans from the oven and allow cooling to room temperature before carefully inverting to remove the cooked rusk ‘cakes’. Place a large, wire cooling rack over the tin before inverting it – the ‘cake’ is brittle and will not survive intact if caught by hand alone.

12.   Gently and carefully break the rusks out from the cake and arrange evenly on baking sheets. Dry the rusks overnight at ±80°C in a static oven or over 4 hours at 90°C in a convection oven. Let the rusks cool to room temperature and pack away in cake tins or large, properly sealing plastic storage containers.


Comments:
·       Use real butter (salted or unsalted) and Stork’s full fat margarine specifically intended for baking. Butter is expensive, but imparts an unmatched taste to the final product. Thus the half to half butter to baking margarine. Do not skimp on the quality of the margarine. Cheaper margarines tend use higher melting point fats that will stick to the roof of the mouth, imparting an oily, sticky feel – unnecessary and unpleasant.
·       Use large Ziploc style bags if insufficient cake tins or storage space is available.


© RS Young, 2017