RESEP : Ryk en Soet Rosyntjiebrood




English Translation Included Below.

Rosyntjiebrood sal tot in lengte van dae ‘n uitgesonderde, vertroostende plekkie behou in my hart. Ek het dit letterlik aan die knieg van my moederskant ouma leer eet, sittend by haar gebarste melamien kombuistafel gesetel in haar skynbaar oorgroot (op daardie lewens tydstip) kombuis – met die logge, immer wakende koolstoof knersend in die hoek.

Haar kombuis was aan die eindpunt van die vernouende, teleskopiese gang met die uitgetrapte, naargroen, stekelharige tapyt wat gestrek het tot by, en verder as, die studeerkamer se kerkhoë vensters wat Stoïsyns opgereik het na die uitgeblykte gewelf daarbo. ‘n Verwelkte blou – geraam in klouende Jakaranda takke – so blou soos haar melamien teekoppies immer halfvol met vrank, melkerige blaartee vanuit Ceylon. Ek haat nou gange.

My ouers had nie juis ‘n voorliefde vir soetgoed nie. Ek het geen herinnering dat hierdie lekkerte ooit in my ouerhuis te ete was nie. Aan universiteitskoshuis was ‘n hele, bakkery gekoopte brood, met ‘n souterige margarien en KOO se heelstuk appelkooskonfyt, ‘n eie beloning vir buitengewone prestasie in semester toetse. Verskeie kamermaats het die harde manier geleer dat hierdie genotjie nie te deel was nie. Ek wonder waarom sien ons nie meer geblikte, heelstuk appelkooskonfyt nie?

Ek het relatief laat in my lewe uiteindelik geleer van soet brioche, stollen en kugelhopf nadat my belangstelling in die kookkuns ontwaak het. Heel party resepte was beproef met wisselende grade van sukses. Die groentjie kok begryp nie aldag deeglik die dieper ingewikkeldhede van standblywende Europese spesialiteite nie. Voortslepende volharding bring – uiteindelik – ‘n mate van ervaring en insig. My resep is nie heeltemal so soet of ryk soos hierdie tradisionele brode nie, maar dit voldoen aan die versugtinge van my hart. Deesdae ervaar ek dat oormaat in al die aanloklikhede neig om dit te laat aanslaan en die glans daarvan taan.


Resep lewer:
Hoeveel tyd?:
2 Klein broodjies of 1 GROOT brood
± 180 minute
(Klein broodpan se volume moet ± 1.2L wees en die groot broodpan s’n ± 2.5L)


Spesiale Toerusting Benodig:
‘n Elektriese menger, so in die Kenwood Chef of Kitchen Aid klas, met die deeghaak gekoppel.


Bestandele:

Korrel kitsgis
20g
Louwarm melk
60ml


Witbroodmeel
750g
Suiker, wit
100g
Sout
10ml
Kaneel, fyn
2.5ml


Eiers, ekstra groot
2
Sonneblom olie of gesmelte botter
100g
Warm melk
± 250ml


Rosyntjies, ontpit
75g
Sultanas
75g


Eier
1
Melk
± 15ml


Vir die soet glanslaag:

Versier suiker
50g
Melk
± 15ml


Metode:
1.   Aktiveer die gis: Meng die korrel kitsgis deeglik in ‘n maatbeker met 15ml van die suiker en 60ml louwarm melk. Laat dit eenkant totdat die mengsel skuimerig is, ± 10 minute.

2.   Smeer die broodpannetjies deeglik met volvet margarien, veral die bodem en hoeke daarvan. Kleefwerende kossproei gaan nie werk met hierdie broodjie nie, daar is te veel proteïn (eierwit) en suiker in die deeg. Stuif elke pan liggies met eksta meel.

3.   Meet die droë bestandele direk uit in die mengbak van die menger. Maak ‘n holte in die middelvan die droë bestandele.

4.   Voeg die geaktiveerde gis en olie by en breek die eiers direk in die mengbak. Voeg die helfte van die warm melk by.

5.   Skakel die menger aan op die stadigste mengspoed en knie stadig totdat die bestandele losweg gemeng is. Giet die oorblywende warm melk stadig teen die kant van die mengbak af totdat die deeg bymekaar kom en ‘n bol vorm. Voeg ekstra eetlepels koue melk by indien nodig.

6.   Knie die deeg op stadige spoed totdat al die meel onder in die mengerbak in die deegbal geabsorbeer is en die kante van die mengerbak ‘skoon’ is van meel en stukkies deeg. Die deeg is gereed sodra dit teen die menger se haak begin ‘opklim’ en die deegbal se oppervlak glad en egalig vertoon. Knie nog ‘n minuut of twee as die deeg oppervlak lyk of dit selluliet het.

7.   Voeg nou die rosyntjies en sultanas by en knie verder totdat dit deeglik in die deeg ingemeng is. Voeg ‘n ekstra eetlepel of twee koue melk by, indien nodig.

8.   Stop die menger sodra die deeg gereed lyk en haal die menger bak uit die masjien. Maak die deeg bymekaar in ‘n bol en knie dit per hand in die menger bak ‘n verdere minuut of twee totdat jy ‘n stewige, stywe bal deeg het. Draai die bal deeg onderstebo en bedek die menger bak met ‘n plastiek sak. Plaas die hele spul eenkant in ‘n stil hoekie weg van enige trekke of direkte sonlig. Afhangend van die aanvoelbare dag temperatuur, gaan die deeg uitrys en sy volume verdubbel binne ± 1½ uur.

9.   Knie die deeg af sodra dit verdubbel het in volume. Verwyder die deeg uit die menger bak en plaas dit op jou kombuis toonbank. Druk dit plat in ‘n reghoekige ‘vel’ omtrent so lank soos jou broodpan en twee maal so breed. Rol die vel deeg op parallel met die lang kant en verdeel die rol in die middel (indien jy 2 klein pannetjies gebruik). Plaas die rol deeg in die broodpan met die los punt se kant na onder. Vou die ente van die deeg in, indien nodig, en druk die deeg plat todat dit die bodem van die pan mooi gelyk vol lê.

10.   Druk ‘n gleuf oor die lengte van die deeg reg in die middel van die pan af. Dit ‘dwing’ die lang sye van die deeg om meer uit te rys as die middel. Dit verhoed dat die brood bo-op oopbars in die oond. Maak die panne toe met dieselfde plastiek sak en laat dit eenkant om weer uit te rys. Pluis die sak uit sodat dit bolrond uitstaan bo-oor die panne. Die plastieksak moenie aan die uitrysende deeg raak nie, want die deeg gaan daaraan vasklou sodra dit onder die plat sak inrys en daarmee kontak maak. Jou broodjies gaan dan soos die uitgeskifte welkom-matjie by die voordeur lyk. Die brood gaan gereed wees sodra dit mooi bolrond uitgerys het oor die bokant van elke pan.

11.   Meng die tweede eier en eetlepel melk goed en verf dit oor die rou, uitgerysde brood. Bak die brood vir 55 – 60 minute by 180°C in ‘n statiese oond, of ± 45 minute by 170°C in ‘n konveksie oond.

12.   Die brood gaan gaar wees sodra dit begin wegtrek vanaf die wande van die pan. Verwyder die broodjies uit die oond en laat hulle 10 minute staan om effens af te koel. Keer die warm broodjies uit en laat afkoel na kamer temperatuur toe.

13.   Verglans die broodjies terwyl dit warm is. Meng die versiersuiker en melk deeglik sodat dit ‘n gladde, romerige mengsel vorm. Verf die mildadiglik oor die bokant van elke broodjie.


Kommentaar:
·         Gebruik regte botter in die plek van die sonneblom olie vir ‘n weergalose smaak.

·         Warm melk: Die melk moet by ongeveer 60°C wees – die temperatuur van ‘n warm bad. Verhit die melk sommer in die mikrogolf. Die deeg is ‘swaar’ met al die vrugte, botter / olie en eier en die suurdeeg het al die hulp nodig wat dit kan kry om die deeg in ‘n redelike tyd uit te laat rys.


© RS Young, 2017



Sweet & Rich Raisin Loaf

Raisin bread will forever hold a special, comforting place in my heart. I learned to eat it literally at the knee of my maternal grand mother, sitting by her cracked melamine kitchen table in her seemingly (at that time) huge kitchen – with the hulking, ever watchful coal stove simmering in the corner. Her kitchen was at the end of the narrow, telescoping hallway with the beaten down, sickly green, gorse carpet stretching off and out, past the study’s cathedral like windows stoically reaching up to the washed-out blue vault above. A faded blue – framed with scrabbling Jacaranda branches – as blue as her melamine teacups ever only half full with tannic, milky, leaf brewed Ceylon tea. I hate narrow hallways.

My parents did not have a predilection for sweet treats. I do not remember ever eating this treat in my parents’ house. At varsity res, an entire, bakery bought loaf, with a salty margarine and KOO’s chunky apricot jam, was a personal reward for doing well at semester tests. My various room mates learned the hard way it was a treat not to be shared. I wonder why we don’t see tinned, chunky apricot jam anymore.

I eventually learned about sweet brioche, stollen and kugelhopf when my interest in cooking awakened relatively late in my life. Quite a few were tried with varying degrees of success. The novice cook does not always grasp the intricacies of enduring European specialities well. Plodding perseverance, however, eventually yields some modicum of experience and insight.  My recipe is not quite as sweet or rich as these traditional breads, but it suffices for the pangs of my heart. I lately find that excess in all attractive things tend to tarnish and dull the lustre of each.


Recipe yields:
Total time?:
2 Small loaves or 1 BIG bread
± 180 minutes
(Small loaf pan should be ± 1.2L volume and the bread pan ± 2.5L volume)


Special Equipment Required:
An electrical mixer (with the dough hook attached) in the Kenwood Chef of Kitchen Aid class.


Ingredients:

Instant yeast, bead type
20g
Lukewarm milk
60ml


White bread flour
750g
White sugar
100g
Salt
10ml
Fine cinnamon
2.5ml


Eggs, extra large
2
Sunflower oil or molten butter
100g
Hot milk
± 250ml


Raisins, de-pipped
75g
Sultanas
75g


Egg
1
Milk
± 15ml


For the sweet glaze:

Icing sugar
50g
Milk
± 15ml


Method:
1.   Activate the yeast: Mix the instant yeast thoroughly with 15ml of the sugar and 60ml lukewarm milk in a measuring jug. Leave to one side until the mixture is foamy, ± 10 minutes.

2.   Rub the sides of the pans very thoroughly with full fat margarine, in particular the floor and corners of each pan. Non-stick food spray will not work here, as there are too much protein (egg white) and sugar in the dough. Dust each pan lightly with extra flour.

3.   Measure the dry ingredients out directly into the mixer’s bowl. Make a well in the middle of the dry ingredients.

4.   Add the activated yeast and oil. Break the eggs directly into the mixer’s bowl. Add half of the hot milk.

5.   Turn the mixer on to its lowest speed setting and knead the ingredients slowly until loosely mixed. Pour the remaining milk slowly down the side of the mixing bowl until the dough comes together to form a ball. Add extra tablespoons of cold milk if required.

6.   Knead the dough at the lowest speed setting until all the flour on the bottom of the mixer bowl has been incorporated into the dough. The sides of the mixer bowl should be free of any lumps or bits of unmixed ingredients still sticking to it. The dough will be ready as soon as it starts to ‘climb up’ the shaft of the dough hook. Also, the surface of the dough will appear to be smooth and uniform. Knead an extra minute of two if the surface of the dough looks like it suffers from cellulite.

7.   Add the raisins and sultanas and continue kneading until it is thoroughly incorporated into the dough. Add an extra tablespoon or two of cold milk, if required.

8.   Stop the mixer if the dough seems to be ready and remove the mixer bowl from the machine. Collect the dough into a ball and knead it a further minute or two by hand in the bowl until you have a stiff, compact ball of dough. Turn the ball upside down and cover the mixer bowl with a plastic bag. Put the entire assembly aside in a quiet, room temperature nook with no draft or direct sun light. Depending on ambient temperature, the dough will require approx. 1½ hours to rise and double in volume.

9.   Knock the dough down once it has doubled in volume. Remove the dough from the mixer bowl and put it on your kitchen counter. Press it flat and into a rectangular ‘sheet’ approximately as long as your two pans put end to end (or the single bread pan) and twice as wide. Roll the dough along its long side into a rough cylinder and divide it in half in the middle (if you are using the two small loaf pans). Place a cylinder of dough (with the loose end underneath) into each pan and tuck the ends of the dough in neatly, if necessary. Press the dough flat until it covers the bottom of the pan evenly and fully.

10.   Using your knuckles, press a trench into the middle of the dough along its length. It will force the sides of the dough to rise out more than the middle. This will prevent the top of bread from cracking or bursting in the hot oven. Cover the pans with the same plastic bag as from earlier and put them aside to rise out again. Puff up the bag until it forms a dome over the pans of rising bread. The bag cannot come into contact with the rising dough as it will cling to the moist, sticky dough. The risen loaves will then look like the dog’s sleeping rag once they have been removed from the sticking bag. The bread will be ready when it has risen into an elongated dome protruding above the edge of each pan.

11.   Mix the second egg and a tablespoon of milk thoroughly. Paint this over the uncooked, risen bread. Bake the bread for 55 – 60 minutes at 180°C in a static oven, or ± 45 minutes at 170°C in a convection oven.

12.   The bread will be ready as soon as it starts to draw away from the sides of the pans. Remove the bread from the oven and leave to cool somewhat on a wire cooling rack for 10 minutes or so. Turn the breads out and leave to cool to room temperature.

13.   Sweet glaze the loaves while they are still warm. Thoroughly mix the icing sugar and milk until it forms a smooth, creamy mixture. Paint this generously over the top of each loaf.


Comments:
·         For an incomparable taste, use real butter in the place of sunflower oil.

·         Hot milk: The milk should be at approximately 60°C – the temperature of a hot bath. Heat the milk in a microwave oven for convenience. The dough is ‘heavy’ with all the fruit, butter / oil and eggs. The yeast therefore needs all the help it can get in raising the dough in a reasonable time frame. The hot milk provides this assistance.


© RS Young, 2017