RESEP : RookHoenderRys



Die oorspronklike werkende titel vir hierdie resep was: “Porra Rys”.  Dit is polities seker nie heeltemal korrek nie.

Hierdie is ‘n een-skottel-gereg, maklik om te maak en vinnig – onder ‘n uur. Gebruik gevriesde, gekapte wortel as jy nie lus is vir die moeite om ‘n mes skerp te maak, twee wortels te skil en te bewerk nie. Die res is vinnig.

Die lourierblaar is nie almal se koppie tee nie. Gebruik wat jou hart vir jou sê parmantig gaan wees.


Bestandele:

Geskik vir 2
Koue water
500ml
Langkorrel rys
250ml
Lourier blare
5
Blokkies gekapte wortels
2


Blokkies gekapte ui, groot
1
Blokkies gekapte groen soetrissie, groot
1
Gekapte, gerookte hoenderborsie, groot
1
Sonneblom of olyf olie
45ml
Na smaak:

Chillie vlokkies
1.25ml


Gekapte knoffel
10ml
Fyn gerasperde suurlemoenskil
5ml
Gemaalde koljander
2.5ml
Gemaalde komyn
2.5ml
Sout
5ml

Metode:
·         Kook die wotels, rys en lourierblare saam in ‘n sauté pan of kastrolletjie totdat die water geabsorbeer is of die inhoud sag is.

·         Skep die gaar rys en wortels uit in ‘n kommetjie, bedek en hou eenkant tot later. Moenie die lourierblare verwyder nie, hulle sal aangaan om hul aroma deur die rustende, warm rys en wortels te versprei.

·         Voeg die olie, gekapte uie, groenrissie en gerookte hoenderborsie in dieselfde pan of kastrolletjie en soteer oor medium hitte totdat al die water verdamp het en die uie sag en glasig geword het. Dit is nie nodig om die uie te verbruin nie, dit gaan die groenrissie bitter maak en die hoender uitdroog.

·         Voeg nou al die geurmiddels en sout by en soteer ‘n verdere minuut of so om die geure te ontwikkel.

·         Skakel die stoofplaat af en krap die gaar rys en wortels terug in die pan of kastrol. Meng versigtig met ‘n hout lepel sodat die ryskorrels nie opbreek en ‘n pappery word nie. Verwyder die lourierblare en gooi weg.

·         Bedien en geniet onmiddelik.

Kommentaar:
·         Vervang die gerookte hoender met gekapte russian worsies, rugspek of Portugese Chorizo wors vir afwisseling.

·         Gebruik ‘n olyf olie geskik vir panbraai in plaas van die sonneblom olie. Dit voeg nogal ‘n interessante dimensie by hierdie gereg.

·         Rooi en / of geel soetrissie gaan die visuele impak van hierdie gereg darem ietwat uitlig.

·         Die relatief baie olie help dat hierdie gereg yskas vriendelik is – gewoonlik hou gaar langkorrel rys nie daarvan om koud te word en oornag gestoor te word nie. Die oorskiet rys gereg is dus ideaal vir ‘n kosblik saam werk toe môre oggend.


© RS Young, 2017