RESEP : Hoenderlewertjies, Fusion Styl, in Witwyn met Gepreserveerde Suurlemoen



  

English Translation Provided Below.









Hierdie is een van my ‘avontuur’ resepte. Af en toe tref ‘n begeesterdheid om iets buite-die-gewone te doen. Hier is een so ‘n resultaat. Die kombinasie van soterende uie, groenrissie en komyn (en gewoonlik ook brandrissie) is ‘n standaard Noord Afrikaanse fondament vir baie vleisresepte vanuit daardie deel van die wêreld. Suurlemoen, tiemie en roosmaryn is weer ‘n klasiek Griekse samestelling. Room en varsgemaalde swartpeper?: so doodgewoon Frans soos baguettes en Bordeaux rooiwyn.

Ons gereggie het min en eenvoudige, dog eerlike, bestandele. Boonop slaan dit vinnig aanmekaar as die voorbereiding eers afgehandel is. Die eiergeel en room sorg vir ‘n gladde en egalige sous wat die kenmerkende smaak van lewer ‘n effe temper en die geheel harmonieus saambind. Die gepreserveerde suurlemoenskil stukkies sorg vir onvoorspelbare oomblikke van opwinding as daardie afgeronde, diep-suurlemoen kartetse tussen die tanne bars en die dowwerige, aardse smaak van lewertjies momenteel oorrompel en prontuit vra: “Waar’s jou mamma?”


Resep lewer:
Hoeveel tyd?:
2 Porsies
± 45 minute


Bestandele:


Hoenderlewertjies, ontdooi en skoon gewas
500g
Droë witwyn
100 ml
Gedroogde roosmaryn
2.5 ml
Gedroogde tiemie
2.5 ml


Medium uie, klein blokkies gekap
2
Soet groenrissie, klein blokkies gekap
1
Sonneblomolie
30 ml


Eiergeel van ‘n ekstra groot eier
1
Vars room
30 ml
Fyn gekapte knoffel
10 ml
Varsgemaalde swartpeper
1.2 ml
Sout
5 ml
Gepreserveerde suurlemoenskil, grof gekap
½ Suurlemoen


Metode:
1.   Marineer die lewertjies: Meng die lewertjies, roosmaryn, tiemie en witwyn saam in ‘n glas- of plastiekkom. Laat dit eenkant staan, bedek, om vir 30 minute by kamertemperatuur te marineer.

2.   Kap die suurlemoenskil: Was ‘n gepreserveerde suurlemoen kwart versigtig af onder lopende water. Krap die vrugpulp met ‘n teelepel weg vanaf die skil. Gooi die pulp weg. Was die skil weer onder lopende water. Droog dit af en sny dit in blokkies, omtrent 1cm x 1cm. Plaas die skil in ‘n kommetjie en bedek met ‘n halwe koppie kookwater. Laat dit eenkant staan om te ontsout.

3.   Soteer die gekapte uie, groenrissie en olie saam in ‘n redelike groot pan oor medium hitte. Voeg die marineerende hoenderlewertjies, wyn en al, by die pan sodra die uie begin bruin braai. Draai die hitte effe af en soteer die lewertjies versigtig sodat dit nie opbreek nie.

4.   Dreineer die suurlemoenskil stukke en meng dit in ‘n kommetjie saam met die eiergeel, room, knoffel en swartpeper. Hou die sout voorlopig eenkant.

5.   Strooi die sout oor die lewertjies sodra die meeste van die wyn afgekook het en die lewertjies nie meer ‘n bloederigheidjie afgooi nie. Dit is in orde as die lewertjies op hierdie punt binne-in nog effe pienkerig. Dit is belangrik dat ‘n klein bietjie souserigheid nog oor is in die pan en dat die lewertjies nie droog braai nie.

6.   Draai die hitte af na laag en voeg die eiergeel, room, peper en suurlemoenskil mengsel by die lewertjies. Roer versigtig en deeglik deur en verwyder onmiddelik vanaf die hitte. Die eiergeel mag dalk skif as die pan inhoud begin kook.

7.   Skep onmiddelik op en bedien saam met ‘n neutrale stysel soos spaghetti of kapok aartappels. Soutpampoen en gestoomde ertjies huppel gemoedelik saam in die bospaadjie af.


Kommentaar:
·        Die sout word apart bygevoeg omdat dit die rou eiergeel sal laat skif as dit by die room en eiergeel mengsel ingemeng word.
·        Bedien die gereg met ‘n ligte, semi soet witwyn soos ‘n Blanc de blanc, Columbard of selfs ‘n droë, yskoue Rosé.

© RS Young, 2017






 ‘Fusion’ Style Chicken Liver with White Wine and Pickled Lemon Peel




RECIPE: Moroccan Style Pickled Lemons





This dish is one of my ‘adventure’ recipes. Sometimes a certain enthusiasm takes hold to do something out of the ordinary. This is one of those results. The combination of frying onion, green pepper and cumin (and usually chilli’s as well) is a standard North African foundation for many of the savoury meat dishes from that region. Lemon, thyme and rosemary again are a classic Greek union. Cream and freshly ground black pepper? As strikingly ordinary French as baguettes and Bordeaux red wine.

Our dish consists of only a few and simple, though honest, ingredients. Additionally, it comes together in an agreeably fast process once the preparations are completed. The egg yolk and cream yield a smooth, even sauce that tempers the characteristic chicken liver taste somewhat, and harmoniously binds the other components into a whole. The pickled lemon peel provides unpredictable moments of excitement when those rounded; deep lemony flavour bombs burst in the mouth and promptly overwhelms the earthy, dullish taste of the liver, brazenly demanding: “Who’s your daddy?”


Recipe yields:
Total preparation time:
2 Portions
± 45 minutes


Ingredients:


Chicken livers, defrosted and thoroughly washed
500g
Dry white wine
100 ml
Dried rosemary
2.5 ml
Dried thyme
2.5 ml


Medium onions, finely diced
2
Green bell pepper, finely diced
1
Sunflower oil
30 ml


Egg yolk from an extra large egg
1
Fresh cream
30 ml
Finely chopped garlic
10 ml
Freshly ground black pepper
1.2 ml
Salt
5 ml
Pickled lemon peel, rough chopped
½ Lemon

Method:
1.   Marinate the livers: Mix the livers, rosemary, thyme and wine in a glass or plastic bowl. Cover and set aside for 30 minutes to marinate at room temperature.

2.   Chop the lemon peel: Rinse a preserved lemon quarter thoroughly under running water. Use a teaspoon to scrape the fruit pulp away from the peel. Discard the pulp. Rinse the peel gain under running water. Pat dry and cut into squares, approximately 1cm x 1cm in size. Transfer to a bowl and cover with half a cup of boiling water. Set aside to desalt the peel.

3.   Sauté the diced onion, bell pepper and oil in a suitable sized pan over medium heat. Add the marinating livers, including all the liquid, to the pan when the onions start browning. Turn the heat down and carefully sauté the livers without breaking them apart.

4.   Drain the lemon peel pieces and mix it in a small bowl with the egg yolk, cream, garlic and black pepper. Keep the salt apart for the time being.

5.   Sprinkle the salt over the livers when most of the liquid has boiled off and the livers stop weeping watery blood. It is in order if the livers are still pinkish on the inside at this point. It is important that a small quantity of sauce remains and that the livers do not cook dry.

6.   Adjust the heat down to low and add the egg yolk, cream, pepper and lemon peel mixture. Stir through carefully, but thoroughly and immediately remove from the heat. The egg yolk may curdle id the contents of the pan starts to boil.

7.   Dish up immediately and serve with a neutral flavour starch such as spaghetti or mashed potatoes. Savoury pumpkin and steamed garden peas will complacently skip along down the forest foot path.


Comments:
·        The salt is added separately as it will cause the proteins in the uncooked egg yolk to denature and separate if it is added to the yolk and cream mixture.
·        Serve the dish with a light, semi sweet white wine such as Blanc de Blanc, Columbard or even an ice cold, dry Rosé.

© RS Young, 2017