RESEP : Geurige Braaisous Hoenderlewertjies


English Translation Added Below

Die geneuk met feitlik alle braaisouse is dat dit selde soos braaivleis proe of selfs die illusie verskaf van iets wat oor ‘n hardekool vuur voorberei is. Miskien neem ek die naam net te letterlik op. Maar rêrig: BRAAI / BARBEQUE sous? Dalk sou braai-KOMPLIMENTêRE-sous meer akkuraat wees, dog dit swaarder rol vanaf die tong.

Almal is vertroud met lewer se ryk, metaalagtige smaak en ongewone tekstuur. Gevolglik raak dit gou net ‘te veel’ op die bord en word ons verveeld met die een dimensionele smaak daarvan. Juis daarom is veral hoenderlewertjies ‘n ideale kandidaat vir op-dollie (soos my Pa sou gesê het). En hoenderlewertjies gee nie juis om vir opgesmuk word nie, synde dit totaal seker is dat dit nie die kollig gaan verloor nie – tensy die die kok met méning oorboord gaan.

Soms oorval ‘n versugting na iets geurig, soeterig, rokerig en effens suurerig – of selfs byterig – my. Vandaar hoenderlewertjies met braai-komplimentêre sous. Opgesmuk en selfversekerd genoeg om ‘n volwaardige aandete te wees.


Resep lewer:
Hoeveel tyd?:
2 Porsies
± 45 minute


Bestandele:


Vir die braaisous:

Wellington Tamatiesous, die nuwe, dikker resep
75ml
Koue water
60ml
Safari appelasyn
10ml
Worcestershire sous
45ml
Bruin suiker
30ml
Sout
10ml
Meelblom (Maizena)
5ml
Gerookte Spaanse paprika
2.5ml
Cayenne peper
1.25ml


Vir die lewertjies:

Hoenderlewertjies
500g
Robertsons Braai speserye (Barbeque Spice)
10ml
Robertsons Oreganum
5ml
Sonneblom olie
15ml


Medium groot uie, blokkies gekap
2
Gekapte knoffel
15ml
Sonneblom olie
30ml
Bruin suiker
15ml


Vars of suurroom
15ml


Metode:
1.   Ontdooi die gevriesde lewertjies oornag in ‘n yskas vir die beste resultate.

2.   Begin met die braaisous: Meng al die bestandele, behalwe die room / suurroom, in ‘n glas- of plastiekkom. Roer goed deur, bedek en hou voorlopig eenkant.

3.   Volgende, die lewertjies: Was dit deeglik onder lopende water in ‘n vergietis en skud goed droog. Verskuif dit na ‘n snybord en sny versigtig enige galblasies uit. Sny ook enige vliesies of goetertjies wat soos buisies lyk, weg. Sny die groot, heel lewertjies in die helfte waar die twee lobbe bymekaar kom. Was die lewertjies ‘n tweede maal en plaas dit in ‘n skoon glas of plastiek kom. Geur met die braai speserye en oreganum. Roer goed deur, bedek met ‘n bord of vaddoek en laat dit voorlopig ook eenkant staan tot benodig.

4.   Kap die uie in klein blokkies, omtrent ertjie grootte. Voeg die gekapte knoffel by en laat voorlopig eenkant.

5.   Gooi 15ml olie in ‘n medium braaipan of kastrol en voeg die gegeurde lewertjies in een lot by en sprei dit uit in ‘n egalige laag oor die pan se bodem. Braai oor medium hoë hitte vir 2 minute SONDER om dit te roer. Gebruik ‘n dunlem eierspaan en draai die lewertjies om. Braai vir ‘n verdere 2 minute aan die ander kant. Skuif die groot stukke, wat nog bloederig lyk, na een kant in die pan en skep die res van die lewertjies uit en hou dit warm eenkant. Draai die agtergeblewe stukke om en braai dit vir ‘n verdere ± 2 minute totdat die bloederigheid verdwyn het. Skep uit by die res van die lewertjies.

6.   Gooi die laaste 30ml olie in dieselfde medium braaipan of kastrol en voeg die uie en knoffel by. Soteer die uie oor medium hoë hitte totdat dit ‘droog’, sag en glasig is. Voeg 15ml bruin suiker (dit versnel die karamellisering proses) by en meng deeglik deur. Draai die hitte af na medium en soteer die uie totdat dit goed verbruin het, maar nie aanbrand nie. Dit gaan 12 – 15 minute neem. Roer die uie baie gereeld, want dit brand aan in ‘n oogwink.

7.   Skep die braaisous oor die gekaramelliseerde uie en draai die hitte af na laag. Roer deeglik deur en skraap enige aanbrandseltjies op vanaf die bodem van die pan. Voeg die lewertjies – en enige versamelde sappe – by, roer versigtig deur en prut vir 2 – 3 minute.

8.   Verwyder vanaf die hitte en voeg die room / suurroom by. Roer goed deur en laat die gereg 3 – 4 minute staan sodat die geure kan ontwikkel. Skep uit in ‘n opdien bak en sit dit voor aan tafel.


Kommentaar:
·        Bedien met botterige gnocchi (met ‘n flerts gedroogde basilliekruid ingemeng) en gestoomde ertjies (gevries of vars). ‘n Unwooded Chardonay gaan sorgsaam werk met die soeterige, liggies bytende rokerigheid van die sous en die rykte van die lewertjies.
·        Moenie die gerookte Spaanse paprika vervang met gewone paprika nie, dit gaan ‘n erg skewe ondertoon aan die gereg verleen. Gerookte Spaanse paprika is vrylik beskikbaar by enige van die groot kettingwinkels.


© RS Young, 2017



Pan Fried Chicken Livers in a Tangy Barbeque Sauce


The trouble with almost all barbeque sauces is that they very seldom taste – or even provide the illusion – of something prepared over a hardwood fire. Maybe I’m too literal in my interpretation of the name, but really: BARBEQUE sauce? Maybe barbeque-COMPLIMENTARY sauce would’ve been more accurate – though it definitely rolls reluctantly of the tongue.

Everyone is familiar with liver’s rich, metallic taste and unusual texture. Subsequently it quickly becomes ‘just too much’ on the plate and we grow bored with the one dimensional taste. Those characteristics make chicken livers (in particular) an ideal candidate for “gussying up”. Not that it minds being improved, since it is totally confidant that it will not lose the spotlight in any dish, unless the cook goes overboard mightily.

Occasionally a craving for something savoury, sweetish, smoky and tangy gets the better of me. Therefore: pan fried chicken livers with barbeque-complimentary sauce – sufficiently fancy (and supremely self-confident) to carry dinner by itself.


Recipe yields:
Total time required:
2 Portions
± 45 minutes


Ingredients:


For the barbeque sauce:

Wellington’s Tomato Sauce, the new, thicker recipe
75ml
Cold  water
60ml
Safari cider vinegar
10ml
Worcestershire sauce
45ml
Brown sugar
30ml
Salt
10ml
Corn flour (Maizena)
5ml
Smokes Spanish paprika
2.5ml
Cayenne pepper
1.25ml


For the livers:

Chicken livers
500g
Robertsons Barbeque Spice
10ml
Robertsons Oreganum
5ml
Sunflower oil
15ml


Medium sized onions, diced
2
Chopped garlic
15ml
Sunflower oil
30ml
Brown sugar
15ml


Fresh or sour cream
15ml


Method:
1.   Defrost the frozen chicken livers overnight in a refrigerator.

2.   Start with the barbeque sauce: Mix all the ingredients, except the cream, in a glass or plastic bowl. Stir thoroughly, cover and set aside for the time being.

3.   Next, the livers: Wash thoroughly under cold, running water in a strainer and shake dry. Transfer the livers to a cutting board and carefully remove any gall bladders. Also cut away any membranes or tubes that may be present. Divide the large, whole livers in half by separating it where the two lobes meet. Wash the livers a second time and place it in a clean glass or plastic bowl. Sprinkle the barbeque spice and origanum over and mix well. Cover with a plate or dish cloth and also set aside for the time being.

4.   Dice the onions into approximately pea sized cubes. Add the chopped garlic and set aside temporarily.

5.   Add 15ml oil in a medium frying pan or pot and add all the flavoured livers in one batch. Spread it out into an even layer over the bottom of the pan and fry for 2 minutes over medium high heat WITHOUT stirring. Use a thin bladed egg lifter to turn the livers. Fry for another 2 minutes on the other side. Move any large pieces aside that still look bloody and remove the rest of the livers to a heat proof bowl and keep warm. Turn the remaining livers in the pan and fry – with regular turning – until any bloodiness disappeared, approximately 2 minutes longer. Add to the rest of the livers.

6.   Add the last 30 ml sunflower oil to the same pan or pot and add the onion and garlic. Sauté the onions over medium high heat until soft, ‘dry’ and glassy. Add 15ml brown sugar to accelerate the caramelizing process, and stir very well. Turn the heat down to medium and sauté until the onions are thoroughly browned but not burned or charred. This process will take 12 – 15 minutes. Stir the onions almost continuously, as it burns very easily at this point.

7.   Turn the heat down to low and add the reserved barbeque sauce to the caramelized onions. Stir thoroughly and scrape up any bits clinging to the bottom of the pan. Add the livers, and any collected juices, and stir through carefully. Leave to simmer for 2 – 3 minutes.

8.   Remove from the heat and add the cream. Stir through and leave for 3 – 4 minutes for the flavours to develop. Transfer to a serving dish and place it on the dinner table to general acclaim.

Comments:
·         Serve with buttery gnocchi (with a slash of dried basil mixed in) and steamed fresh, or frozen, garden peas. An unwooded Chardonnay will go well with the sweetish, tangy smokiness of the sauce and the richness of the liver.
·         Do not substitute the Smoked Spanish paprika with ordinary paprika as it will introduce a jarring undertone to the dish. Smoked Spanish paprika is freely available in all the major chain stores.


© RS Young, 2017