Fotografie : Rietondale Park, Laat Herfs



II. Uit hierdie ligte herfs

Uit hierdie ligte en wye herfstyd straal
‘n nuwe, namelose vreug in my
dat ek verwilderd deur ‘n wêreld dwaal
waar dinge daeliks hul vervulling kry:
die vleie staan weer soggens vol, en wit
van waterblomme; en skeemrings wit soos graan
wat die rykheid van veel somerlug besit,
kom oor die geel boorde en stoppellande aan.
Waarom die smart wat nou weer stilweg skryn,
en hierdie preweling van nuwe woorde,
dié gemis? is alle wording pyn,
en alle bid die tas van ons verstoorde
hart na nuwe name vir die leed
van die wondre uitbloei wat hy in hom weet?
N.P.  van Wyk Louw
Vier gebede by jaargetye in die Boland
Uit: Die Halwe Kring















... groot liefde was in my, en mededoë,
en wete van die duistre in ons hart,
want alles was deurweek van sterflikheid.

N.P.  van Wyk Louw