Fotografie: Plaas Hartbeestfontein



Statig, of eenkant en stil. Soms morsig. Dis hoe verlate plaashuise sterf – ongeag hul ouderdom, stand of geskiedenis. Dit is ‘n melankoliese en hartseer proses.

Drome, hoop, potensiaal, harde werk, frustrasie, swaarkry, skote geluk, strepe blydskap en groot dieptes ootmoed gaan weerloos verlore. Miskien is liefde die belangrikste wat ten gronde gaan: ‘n laaste watertjie wat die droë stowwerigheid in wegsak. Kinder laggies, reënruis oor 'n sinkdak, die stemme van bloedfamilie gemoedelik onder werfbome, die amperse salm-oranje-rooi van ‘n stil-stowwerige, laat-somer sonsondergang. Sy liefde vir die grond, daardie omgewing, ‘n lewenswyse en sy naaste naastes is weg. Daai maak miskien die seerste.

Soms kom alles kom tot niks.